Browse Results

Showing 76 through 87 of 87 results

Oor Grense: ’n Lewe in die media in ’n tyd van verandering

by Ton Vosloo

Ton Vosloo is een van die mees gerekende koerant- en sakemanne in Suid-Afrika. Gedurende sy loopbaan van sowat sestig jaar het Suid-Afrika op politieke front ’n drastiese ommekeer ondergaan: die Nasionale Party het plek gemaak vir ’n ANC-regering, wat gelei het tot transformasie op sosiale, ekonomiese en sakefront.In 1983 is Vosloo as die besturende direkteur van Naspers aangestel en het hy hom dit ten doel gestel om dié groep – wat in 1913 as mondstuk van die Nasionale Party gestig is – te vernuwe. Vosloo het die maatskappy deur diep, onstuimige waters gestuur: op ideologiese vlak was dit ’n geveg tot die dood toe met die regse Perskor-groep om die steun van Afrikaners te wen.Naspers moes ook op kommersiële vlak moderniseer. Dit het uiteindelik gelei het tot die stigting van M-Net, Suid-Afrika se eerste betaaltelevisiekanaal. In 1992 is Vosloo as voorsitter van Naspers aangestel en het Koos Bekker die pos as besturende direkteur aanvaar. Onder Bekker se leiding het Naspers belê in die Chinese internetmaatskappy Tencent, en vinnig ontwikkel tot ’n groep wat vandag finansiële belange regoor die wêreld het. Dít sou nie moontlik gewees het sonder die fondasie wat Vosloo in die vroeë tagtigs vir sodanige vernuwing gelê het nie.Oor Grense is Ton Vosloo se memoir oor sy lewe in die koerantwêreld in ’n tyd toe Naspers nog baklei het om die posisie as markleier, ’n tyd toe die koerante binne sy stal baie na aan die politici van die dag gestaan het. Met sy eiesoortige humorsin en styl as gesoute joernalis vertel Ton Vosloo die storie van Naspers en van sy uiteenlopende ervarings as koerantman en sakeleier.

Wie Gaan in 2019 Regeer?: Machen Ist Wie Wollen Nur Krasser Motivation Als Geschenkidee Als Planer Tagebuch Notizheft Oder Notizblock 6x9 Din A5 120 Seiten - Blank

by Jan-Jan Joubert

In die plaaslike verkiesing van 2016 is die ANC bloedneus geslaan toe hy drie metrorade aan die opposisie moes afstaan. Gaan die verdeelde regerende party onder Cyril Ramaphosa kan verenig en in 2019 ’n meerderheid by die stembus behaal? Of gaan die DA en die EFF hul groot ideologiese verskille kan oorkom om die ANC uit die kussings te lig?Sedert Jacob Zuma as president bedank het, het Suid-Afrika se politieke landskap dramaties verander. Die gesoute politieke joernalis Jan-Jan Joubert kyk na alle moontlike scenario’s en neem die leser agter die skerms na waar die geheime politieke smouswerk plaasvind.Hy oorweeg al die beskikbare opsies vir politieke partye in die aanloop tot die volgende verkiesing. Sal die ANC ’n koalisie vorm om in beheer te bly? En wat is die kans dat dié party na die EFF sal draai om meer steun te werf?Een ding is seker - ooreenkomste sal aangegaan word. Die uitslae van plaaslike en tusenverkiesings wys vir Joubert dat die volgende verkiesing die eerste in 25 jaar kan wees waarin geen party ’n volstrekte meerderheid behaal nie. In eksklusiewe onderhoude deel politieke leiers ook hul standpunte oor die belangrikste kwessies wat burgers en partye verdeel – of dalk kan verenig.

Wreed en mooi is die dood: Verhale oor verlies, hunkering en heling

by Tobie Wiese

Al is die dood ’n feit soos ’n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat. Hierdie boek probeer om dié stilte te verbreek.In Wreed én mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling. Dit bied insig in hoe om die trauma van ’n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer.Só skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het.’n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en ’n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wêreld blymoedig te verlaat. Daar is selfs ’n bietjie humor... soos die storie oor die jong dominee wat in ’n leë graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis.Die dood is wreed ja, maar dit kan – verrassend genoeg ̶ ook mooi wees.

Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatiesme

by Albert Blake

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese bokser ROBEY LEIBBRANDT is gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Nazi’s op ’n epiese tog in ’n klein seiljag van Europa na Suid-Afrika gestuur.Sy missie? Om in opdrag van die Duitse militêre geheimediens as skakel tussen die Nazi’s en die Ossewabrandwag te dien. Leibbrandt het ook sy eie planne gehad om ’n sluipmoord op eerste minister Jan Smuts uit te voer en die regering omver te werp.Leibbrandt het ’n aanhanger van nasionaal-sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika aan die Olimpiese Spele in Berlyn deelgeneem het. Hy is daarna deur die Duitse militêre geheimediens gewerf en het intensiewe sabotasieopleiding ontvang.Wie was hierdie man wat uiteindelik aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel is? Dié biografie deur die bekroonde skrywer Albert Blake werp nuwe lig op hierdie enigmatiese figuur en die fanatisme wat hom aangevuur het.

Die Belydenis

by Jodi Picoult

Die ontdekking van ’n dooie baba in ’n skuur op ’n Amiese plaas in Amerika dreig om ’n jong vrou se lewe te verwoes.Omstandigheidsgetuienis dui daarop dat die 18-jarige Katie Fisher, ’n ongetroude Amiese meisie wat glo die pasgeborene se ma is, vir die moord verantwoordelik is. Katie hou vol: sy het nie die baba vermoor nie.Terselfdertyd vlug Ellie Hathaway, ’n ontnugterde advokaat, na familie wat in dieselfde streek woon om haar kop skoon te maak. Haar tannie is verwant aan Katie en kort voor lank stem Ellie teensinnig in om Katie te verdedig.Ellie word as Katie se toesighouer aangestel terwyl sy op borgtog is en moet boonop by die Fishers intrek. Om Katie te verdedig, moet Ellie haar nie net diep ingrawe in ’n wêreld wat radikaal van haar eie verskil nie, maar ook ’n manier vind om Katie volgens háár verwysingsraamwerk te verstaan.Wanneer ’n man uit haar verlede weer sy verskyning maak, word Ellie terselfdertyd gedwing om haar eie vrese en begeertes te konfronteer.Uit die pen van die gewilde skrywer van My Sister’s Keeper verskyn dié boeiende verhaal van twee vroue . . . en een geheim.

Op Pad in Suid-Afrika: Verken Suid-Afrika streek vir streek

by BPJ Erasmus

Suid-Afrika se ontsaglike diversiteit - van Pofadder, eMkhuze en Haenertsburg tot Cookhouse, Klipplaat, Maokeng en Taung -is wat mens besiel om die pad te vat en die land te verken. Hierdie volledig hersiene en bygewerkte uitgawe van Op Pad in Suid-Afrika het 'n vars, kontemporêre voorkoms, maar bevat al die kenmerke wat dit so 'n klassieke werk maak. Die vorige twee uitgawes het 'n spesiale plek in die harte van Suid-Afrikaners, en dit is maklik om te sien waarom: geen ander reisgids op die mark bied sulke omvattende en diepgaande inligting oor die dorpies, dorpe en stede van hierdie land nie, en ook nie oor die interessante en insiggewende stories wat hulle vertel nie.Die 37 hoofstukke is in 'n logiese volgorde gerangskik wat by Kaapstad begin en daarvandaan uitkring. Elke hoofstuk handel oor 'n gevestigde en samehangende geografiese of demografiese gebied. Duidelike, gedetailleerde streekkaarte met bygewerkte plekname is ingesluit en word aangevul deur roete-aanwysings in die teks. Die boek bied iets vir almal - of dit die lieflike groen valleie van die Kaapse hinterland, die uitgestrekte vlaktes van die Karoo, die kulturele en skilderagtige diversiteit van die Tuinroete en Wildekus, die geskiedkundige slagvelde van KwaZulu-Natal, die wildryke Laeveld of die natuurwonders van die Bosveld is wat jou lok. Met die nuut hersiene en bygewerkte teks en meer as 500 foto's bevat Op Pad in Suid-Afrika 'n verstommende rykdom inligting, wat dit die perfekte reisbeplanner en reisgenoot maak.

Suikervry: 8 Weke na Vryheid van Suiker en Koolhidraatverslawing

by Karen Thomson

Suikervry is die eerste selfhelpboek wat in Suid-Afrika geskryf is om mense met 'n suiker- en koolhidraat-verslawing te help om dit te bowe te kom. Dit is deur Karen Thomson en Kerry Hammerton met die steun van die dieetkundige Tamzyn Campbell geskryf, en daar is 'n voorwoord deur prof. Tim Noakes. Dit staan eetgewoontes met min koolhidrate en meer vet voor. Dit is die enigste beskikbare boek wat die emosionele en gedragspatrone van 'n suiker- en koolhidraat-verslaafde aanspreek. Vir baie mense is dit nie genoeg dat hulle bloot weet wat om te eet nie. Suikervry spreek dié saak aan. Bo en behalwe 'n program van agt weke lank, bevat Suikervry ook persoonlike verhale van verslawing, maaltydprogramme en resepte sonder suiker.

Die Brug: Na die hel en terug in Angola

by Deon Lamprecht

In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oop gesigseuns vol bravade voor hul Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doods akker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting – en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.

In Christus: Van toeskouer tot spoortrapper

by Callie Roos

“God is nie een of ander control freak nie … Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem.”Wat beteken dit om vandag ’n Christen to wees? Dit is lankal nie meer genoeg om blindelings net Sondag ná Sondag die erediens by te woon nie, sê die geestelike leier and oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur ’n lewe in Christus da tons werklik God se krag in ons kan beleef.Volgens Callie beleef die kerk vandag ’n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en ’n behoefte aan beheer. Christene moet onstnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken.’n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik ’n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo ’n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp.In Christus beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.

uMbovane Owonqenayo

by Cebo Solombela

UMbovane owonqenayo wonqena ngeyona ndlela. Kwaye uyekelo wonke umsebenzi enziwe zezinye iimbovane. Eyona nto abalasele ngayo kukuthetha, nokuthanda ukutya. Ingaba uMbovane owonqenayo uyakuze ayeke ukonqena? Unathi Dyani (illustrator), Senzo Xulu (designer), Linda Nelani (editor).

uMtshato weNtlanzi neNkukhu

by Madoda Ndlakuse

Ubomi buyaqhubeka noba sekutheni na… Siyasanga Madyibi (illustrator), Vuyisa Ngqawani (designer), Linda Nelani (editor).

Refine Search

Showing 76 through 87 of 87 results