Afrikaner-Sondebok?: Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwag-leier
By:
Sign Up Now!
Already a Member? Log In
You must be logged into UK education collection to access this title.
Learn about membership options,
or view our freely available titles.
- Synopsis
- In die vroeë 1940’s het die charismatiese Hans van Rensburg duisende volgelinge na die Ossewabrandwag gelok en die regering van Jan Smuts gekonfronteer oor sy deelname aan die Tweede Wêreldoorlog. Onder sy leierskap word etlike sabotasiedade deur die Stormjaers en Terreurgroep, die OB se militêre vleuels, gepleeg. Van Rensburg het ook in die geheim kontak met die Duitse regering gemaak.Teen 1940 was Van Rensburg egter nog deel van die regering: As die jongste sekretaris van justisie ooit en administrateur van ’n provinsie is hy as ’n goue seun van die politiek beskou. Waarom was hy só vurig oor die ideaal van ’n onafhanklike republiek dat hy dit alles prysgegee het en ’n koers ingeslaan het wat uiteindelik van hom ’n verstoteling sou maak?Van Rensburg word dikwels as ’n verbete Afrikanerfascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks. In hierdie biografie belig Albert Blake die vele kante van ’n man wat nie net bekend was as regsgeleerde, filosoof en taalkundige nie, maar ook as uitstaande militaris en wildjagter.Op die hoogtepunt van sy gewildheid kon geen ander Afrikanerleier by die begaafde Van Rensburg kers vashou nie. Blake ondersoek waarom hy uiteindelik egter die stryd om die hart van die Afrikaner sou verloor.
- Copyright:
- 2021
Book Details
- Book Quality:
- Publisher Quality
- ISBN-13:
- 9781776190874
- Related ISBNs:
- 9781776190867
- Publisher:
- Jonathan Ball Publishers
- Date of Addition:
- 08/16/21
- Copyrighted By:
- Teks: Albert Blake
- Adult content:
- No
- Language:
- Afrikaans
- Has Image Descriptions:
- No
- Categories:
- History, Nonfiction, Biographies and Memoirs, Social Studies, Politics and Government
- Submitted By:
- Bookshare Staff
- Usage Restrictions:
- This is a copyrighted book.
Reviews
Other Books
- by Albert Blake
- in History
- in Nonfiction
- in Biographies and Memoirs
- in Social Studies
- in Politics and Government