Die Baan-Brekers: Hoe Suid-Afrikaanse sportleiers kampioene slyp
By:
Sign Up Now!
Already a Member? Log In
You must be logged into UK education collection to access this title.
Learn about membership options,
or view our freely available titles.
- Synopsis
- Hoe Suid-Afrikaanse Sportleiers Kampioene Slyp. Heyneke Meyer was 34 jaar oud toe hy vir die tweede keer as die hoofafrigter van 'n Superrugby-span afgedank is. Maar toe sy Bulls-span op 19 Mei 2007 die eerste Suid-Afrikaanse span word om die Super-titel te wen, was die donker jare op Loftus Versfeld skielik vergete en Meyer oornag almal se breier sonder gelyke'. Want dis net daar - op die speelveld - dat afrigters en spelers beoordeel word. En tog vertel die telbord nooit die volle verhaal van hoe mense oornag' sukses behaal het nie. Vir Meyer was dit 'n strawwe reis van meer as 7 jaar - 'n tydperk waarin hy beroepsrugby gedefinieer en verander het. En dit is leierskap. En leierskap is waaroor Die Baanbrekers gaan - mense wat 'n sportsoort, 'n bedryf of 'n manier van dink en uiteindelik daardeur ook lewens onherroeplik verander het. Marco Botha het met van Suid-Afrika se vernaamste sportleiers gesels en hy ontleed hier hul uiteenlopende suksesverhale. Van Meyer tot Brendan Venter, wat van Saracens 'n superklub en in 2013 van die Haaie die Curriebeker-kampioen gehelp maak het deur 'n kultuur te vestig waar gelukkige mense belangriker as silwerware geag word. Ook die voormalige Springbok-sewesafrigter Paul Treu het die blitskode as 'n wêreldsport bevorder deur sy span gereeld met innovasie op innovasie bo oënskynlik baie beter spanne te laat uittroon. Gary Kirsten en Paddy Upton het die Indiese en daarna die Suid-Afrikaanse krieketspan na wêreldoorheersing gelei met 'n leierskapstyl wat spelers bemagtig en as mense ontwikkel het - die nuwe skool' van afrigting. Hierdie merkwaardige leiers het van gewone mense kampioene gemaak. En die redes daarvoor gaan jou beslis verras . . .
- Copyright:
- 2014
Book Details
- Book Quality:
- Publisher Quality
- ISBN-13:
- 9781868424191
- Related ISBNs:
- 9781868424474
- Publisher:
- Jonathan Ball Publishers
- Date of Addition:
- 04/19/20
- Copyrighted By:
- N/A
- Adult content:
- No
- Language:
- English
- Has Image Descriptions:
- No
- Categories:
- Nonfiction, Sports
- Submitted By:
- Bookshare Staff
- Usage Restrictions:
- This is a copyrighted book.